1 ’n Lied vir die opgaan na die feeste. Vanuit die dieptes het ek U aangeroep, o יהוה en U het my stem gehoor.
2 יהוה, laat U ore aandag gee aan die stem van my smekinge.
3 As U, o Yah, permissiwiteit sou opskryf, o יהוה, wie sal staande bly?
4 Omdat vergifnis van U af kom, kan U respekvol gevrees word.
5 Ek vertrou in יהוה; my lewe wag vir Sy Boodskap.
6 Ek het gewag op יהוה vanaf die oggendwag tot die aandwag toe.
7 Laat Yisra’el met versekerde verwagting wag op יהוה; vanaf יהוה kom goedheid en oorvloedige bevryding.
8 Hy sal Yisra’el loskoop uit al sy boosheid.