1 Vir die musiekleier op die wysie van “U moenie vernietig nie:” ’n gedig van Dawid, toe hy vir Sha’ul gevlug het in die grot. 2 Bewys aan my onverdiende guns, o God, bewys aan my onverdiende guns, want my lewe vertrou op U, ja, in die skaduwee van U vlerke sal ek my skuiling maak totdat hierdie katastrofes verbygegaan het.
2 Ek sal uitroep tot God, die Allerhoogste (Elyon), tot God my Verlosser,
3 want Hy het vanuit die hemel gestuur en my verlos; Hy het my vyande beskaam. God sal Sy goedheid en Sy waarheid uitstuur.
4 Hy het my lewe bevry van die wreedaardige terwyl ek in vrees geslaap het; van die seuns van die mens, wie se tande spiese en pyle is en hulle tonge skerp swaarde.
5 Wees U verhewe bo die hemele, o God, laat U Gemanifesteerde Teenwoordigheid bo die hele aarde wees!
6 Hulle het ’n net vir my voete voorberei; hulle het ’n put vir my lewe gegrawe, waarin hulle self geval het.Ps 108:1-6
7 My binneste word voorberei, o God, my binneste is voorberei; ek wil sing en musiek maak in my lof, eer en aanbidding.
8 Ontwaak, my harp, ontwaak, lier en harp! Ek self sal vroeg opstaan!
9 Ek wil U loof en dank met uitgestrekte hande onder die volke, o יהוה, ek sal sing tot U Karakter en Outoriteit (Naam) onder die nasies,
10 want U goedheid is verhef tot by die hemele en U getrouheid tot by die wolke.
11 Wees U verhewe o God, bo die hemele, laat U lof, eer en aanbidding bo die hele aarde wees!