1 Loof Yah helder en duidelik! Gelukkig is die man wat יהוה respekvol vrees, wat blymoedig gehoorsaam is aan Sy opdragte.
2 Sy nageslag sal magtig wees op die aarde; hy sal geseënd wees in die geslag van die opregte.
3 Oorvloed en rykdom sal in sy huis wees en sy onpartydige opregtheid duur vir ewig.
4 Vir die opregtes skyn daar ’n lig in die duisternis. Hy het onverdiende guns en is vol omgee vir die regverdige.
5 Gelukkig is die man wat omgee wys en eenheid bring; hy sal sy sake met oordeel bestuur.
6 Hy sal sekerlik vir ewig nie beweeg word nie; die regverdige sal vir ewig onthou word.
7 Hy sal nie vrees vir slegte tyding nie; sy verstand, wil en emosie is vasgestel, vertrouend op יהוה.
8 Sy verstand, wil en emosie word versterk, hy sal nie vrees nie totdat hy op sy teëstanders neersien.2 Kor 9:9 sy horing sal opgelig word in eer.
9 Hy het vryelik uitgegee, hy het vir die armes gegee; sy onpartydige opregtheid duur vir ewig en ewig;
10 Die bose sal dit sien en is omgekrap; hy sal sy tande kners en wegsmelt; die begeerte van die bose sal vernietig word.