1 Vir die musiekleier op die wysie van “Y’dutun.” (Lofuitinge): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 My lewe wag op God; vanaf Hom kom my verlossing.
2 Hy alleen is my God en my Verlossing; Hy is my groot Verdediging, ek sal nie beweeg word nie.
3 Hoe lank sal julle ’n man bedreig sodat julle hom kan doodmaak? Julle sal wees soos ’n verkrummelde muur en ’n inmekaarvallende heining.
4 Julle het gedink om hom van sy verhoogde posisie af te gooi; julle verheug julleself in leuens; julle seën met jul monde en vervloek in julle binneste.
5 My lewe wag net op God, want van Hom is my verlossing!
6 Hy alleen is my God en my Verlossing; Hy is my Verdediging, ek sal nie beweeg word nie.
7 In God is my verlossing, my lof en eer; God is my Krag, my Skuilplek en my Versekerde Verwagting.
8 Vertrou altyd op Hom, o volk, stort julle verstand, wil en emosie uit voor Sy Teenwoordigheid! God is ’n Skuilplek vir ons.Dan 5:27
9 Sekerlik is alle ontroue mense soos wasem; wanneer hulle op die weegskaal geplaas word, word hulle te lig bevind.
10 Vertrou nie op onderdrukking en bou geen leë verwagtings op rowery nie; as rykdom vermeerder, laat jou binneste daaroor bly wees!
11 God het dit een keer gesê, twee keer het ek dit gehoor: dat krag aan God behoort.Spr 24:12; Iyov 34:11; Mat 16:27; Rom 2:6-10
12 Aan U, o יהוה, behoort ook die liefdevolle goedheid, want U gee vir elkeen volgens sy werk.