1 ’n Gedig van Dawid met instrumentale musiek. Ek wil sing van goedheid en regverdige oordeel; tot U, o יהוה, wil ek sing en musiek maak!
2 Ek wil myself wys gedra op ’n volmaakte manier. Wanneer sal U na my toe kom? Ek sal in my huis loop met ’n volmaakte verstand, wil en emosie.
3 Ek sal geen bose ding voor my oë sit nie; ek haat die doeners van boosheid, hulle sal nie naby my kom nie.
4 ’n Valse verstand, wil en emosie moet weggaan van my af; ek sal geen boosheid ken nie.
5 Hy wat sy naaste vals beskuldig sal ek vernietig; ek sal nie eet saam met hom wat uit die hoogte kyk en trots van verstand, wil en emosie is nie.
6 My oë sal wees op die getroues in die land dat hulle saam met my kan bly; hy wat op ’n volmaakte manier leef sal my dien.
7 Hy wat bedrog pleeg, mag nie in my huis bly nie; hy wat leuens vertel, sal nie voor my oë bly nie.
8 In die vroeë oggend sal ek al die bose van die aarde stilmaak en ek sal al die werkers van onregverdigheid uit die stad van יהוה uit vernietig.