1 Nie aan ons nie, o יהוה, nie aan ons nie, maar gee eer en lof aan U Naam (Karakter en Outoriteit), om U goedheid en waarheid se ontwil
2 sodat die ander nasies geen rede het om te sê: “Waar is hulle God nou?” nie.
3 Ons God is egter in die hemele; Hy het gedoen wat Hom tevrede stel.
4 Die afgode van die ander nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.
5 Hulle het monde, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
6 hulle het ore, maar hoor nie; neuse, maar ruik nie;1 Kor 12:2
7 hulle het hande, maar hulle voel nie; voete, maar hulle loop nie; ook praat hulle nie deur hul kele nie.
8 Laat die wat hulle maak en elkeen wat op hulle vertrou, net soos hulle word.
9 Die huis van Yisra’el, vertrou op יהוה; Hy is hulle Hulp en hulle Skild!
10 Die huis van Aharon, vertrou op יהוה; Hy is hulle Hulp en hulle Skild!
11 Julle wat יהוה respekvol vrees, vertrou op יהוה: Hy is julle Hulp en julle Skild.
12 יהוה het aan ons gedink; Hy sal ons seën, Hy sal die huis van Yisra’el seën, Hy sal die huis van Aharon seën.
13 Hy sal hulle seën wat יהוה respekvol vrees, beide klein en groot.
14 יהוה sal julle meer en meer vermenigvuldig, julle en jul kinders.
15 Julle is geseënd deur יהוה wat hemel en aarde gemaak het.
16 Die hemele, selfs die hemele behoort aan יהוה, maar die aarde het Hy aan die seuns van die mens gegee.
17 Nie die dooies, of enige een wat afgaan na die duisternis, loof יהוה helder en duidelik nie,
18 maar óns sal voor יהוה buig, van nou af aan vir ewig. Loof Yah helder en duidelik!