1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Die aarde behoort aan יהוה en alles wat daarin is, die wêreld en almal wat daarin bly,
2 want Hy het die aarde se fondasies in die seë gevestig en aan dit riviere gegee.
3 Wie mag opgaan op die berg van יהוה of wie mag staan in Sy Afgesonderde Plek?Ya’a 4:8 wat nie valslik by sy lewe gesweer en nie met misleiding ’n eed afgelê het nie.
4 Hy wat rein hande en ’n suiwer verstand, wil en emosie het,
5 Hy sal die seën van יהוה en onpartydige opregtheid van God, ons Verlosser, ontvang.
6 Dit is die geslag van hulle wat U soek, wat U Teenwoordigheid soek, o God van Ya’akov.
7 Lig op julle koppe, o poorte en word opgelig, o ewige deure, sodat die Koning van lof, eer en aanbidding kan ingaan!
8 Wie is die Koning van lof, eer en aanbidding? יהוה, sterk en magtig, יהוה magtig in die geveg.
9 Lig op julle koppe, o poorte en word opgelig, o ewige deure, sodat die Koning van lof, eer en aanbidding kan ingaan!
10 Wie is die Koning van lof, eer en aanbidding? יהוה-Tzva’ot (van die leërmag), Hy is die Koning van lof, eer en aanbidding vir ewig!