5 Hy wat sy naaste vals beskuldig sal ek vernietig; ek sal nie eet saam met hom wat uit die hoogte kyk en trots van verstand, wil en emosie is nie.
6 My oë sal wees op die getroues in die land dat hulle saam met my kan bly; hy wat op ’n volmaakte manier leef sal my dien.
7 Hy wat bedrog pleeg, mag nie in my huis bly nie; hy wat leuens vertel, sal nie voor my oë bly nie.
8 In die vroeë oggend sal ek al die bose van die aarde stilmaak en ek sal al die werkers van onregverdigheid uit die stad van יהוה uit vernietig.