1 ’n Gebed van die onderdrukte as hy oorweldig is en sy klagte uitstort voor יהוה. 2 Luister en hoor my gebed, o יהוה en laat my uitroep tot by U kom!
2 Draai nie U gesig weg van my op die dag as ek in die moeilikheid is nie; draai U oor na my toe; op die dag wat ek roep, antwoord my gou,
3 want my dae word verslind soos rook en my gebeente word wit gemaak asof hulle brand.
4 My verstand, wil en emosie is platgeslaan en verdor soos gras sodat ek vergeet om my brood te eet.