11 want soos die hemele hoog bo die aarde is, so groot is Sy goedheid teenoor dié wat Hom respekvol vrees.
12 So ver as wat die ooste is van die weste, so ver het Hy ons rebellie van ons af verwyder.
13 Soos ’n vader omgee vir sy seuns, so gee יהוה om vir die wat Hom respekvol vrees,
14 want Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy onthou dat ons stof is.
15 Wat die mens betref, sy dae is soos gras; soos ’n blom van die veld, so bloei hy,
16 want wanneer die wind daaroor gaan, is dit weg en sy plek word nie meer geken nie,
17 maar die liefdevolle omgee van יהוה is van ewigheid tot ewigheid vir hulle wat Hom respekvol vrees en Sy onpartydige opregtheid vir die kinders se kinders,Deut 7:9