1 Loof en eer יהוה met uitgestrekte hande, roep uit tot Sy Naam (Karakter en Outoriteit), maak Sy dade bekend onder die volke.
2 Sing tot Hom, sing en maak musiek tot Hom, praat van al Sy wonderlike dade.
3 Loof Sy Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik; laat die verstand, wil en emosie van die wat יהוה soek, hulle verheug.
4 Soek na יהוה; wees sterk en soek Sy Teenwoordigheid voortdurend.
5 Onthou Sy wonderlike dade wat Hy gedoen het, Sy wonderwerke en die oordele van Sy mond,