34 Hy het gepraat en die sprinkane en ruspes het sonder getal deur hulle land gekom
35 en hulle het al die kruie en vrugte van hulle lande verteer.
36 Hy het ook al die eersgeborenes van Mitzrayim neergeslaan, die eersgeborenes van al hulle seuns.
37 Hy het hulle ook uitgebring met silwer en goud en daar was nie een swak persoon in hulle stamme nie.
38 Mitzrayim was bly toe hulle vertrek het, want vrees vir hulle het op hulle geval.
39 Hy het ’n wolk uitgesprei om aan hulle skadu te gee en vuur om in die nag vir hulle lig te gee.Eks 16:4,15; Num 11:7,8; Yog 6:32
40 Die mense het gevra en Hy het kwartels gebring en hulle versadig met brood uit die hemel.