36 Hy het ook al die eersgeborenes van Mitzrayim neergeslaan, die eersgeborenes van al hulle seuns.
37 Hy het hulle ook uitgebring met silwer en goud en daar was nie een swak persoon in hulle stamme nie.
38 Mitzrayim was bly toe hulle vertrek het, want vrees vir hulle het op hulle geval.
39 Hy het ’n wolk uitgesprei om aan hulle skadu te gee en vuur om in die nag vir hulle lig te gee.Eks 16:4,15; Num 11:7,8; Yog 6:32
40 Die mense het gevra en Hy het kwartels gebring en hulle versadig met brood uit die hemel.
41 Hy het die rots oopgemaak, die water het uitgestroom en water het in die droë land gevloei,
42 want Hy het Sy afgesonderde belofte onthou wat Hy aan Avraham, Sy dienskneg, gemaak het