9 want Hy het Sy verbond met Avraham gesluit en Sy ede met Yitz’gak
10 en dieselfde aan Ya’akov as ’n wet bevestig en aan Yisra’el as ’n ewige verbond,Gen 13:15; Gen 15:18; Hand 7:5
11 met die woorde: “Aan jou sal Ek die land Kena’an gee, die aangewese deel van jou erfenis,”
12 toe hulle maar ’n paar mense in getal was, ja, baie min en vreemdelinge daarin.
13 Toe hulle getrek het van een nasie tot ’n ander, van een koninkryk na ’n ander volk,
14 het Hy geen mens toegelaat om hulle kwaad aan te doen nie; ja, Hy het konings om hulle ontwil gestraf
15 dat hulle aan Sy gesalfdes nie sal raak en Sy profete kwaad aandoen nie.