11 en die waters het hulle teëstanders oordek; daar was nie een van hulle oor nie.Eks 15
12 Toe het hulle Sy woorde geglo, hulle het Sy lofprysing besing,
13 maar hulle het God gou vergeet, hulle het nie in Sy raad vertrou nie,
14 maar in die wildernis na hulle begeertes gesmag en God getoets in die woestyn.
15 Hy het hulle gegee wat hulle gevra het en aan hulle oorvloed gegee.
16 Hulle was in die kamp ook jaloers op Moshe en op Aharon, die afgesonderdes van יהוה.
17 Die aarde het oopgegaan en Datan ingesluk en die groep van Aviram bedek.