13 maar hulle het God gou vergeet, hulle het nie in Sy raad vertrou nie,
14 maar in die wildernis na hulle begeertes gesmag en God getoets in die woestyn.
15 Hy het hulle gegee wat hulle gevra het en aan hulle oorvloed gegee.
16 Hulle was in die kamp ook jaloers op Moshe en op Aharon, die afgesonderdes van יהוה.
17 Die aarde het oopgegaan en Datan ingesluk en die groep van Aviram bedek.
18 ’n Vuur is aangesteek onder hulle groep, die vlam het die bose verbrand.
19 Hulle het ’n kalf by Horev gemaak en neergebuig voor die gegote beeld.