39 So is hulle onrein gemaak deur hul eie dade en het gaan hoereer met hul eie uitvindsels;
40 daarom het die woede van יהוה ontvlam teen Sy volk; soveel so dat Hy Sy eie erfenis verafsku het
41 en Hy het hulle in die hand van die ander nasies gegee en dié wat hulle gehaat het, het oor hulle geheers.
42 Ook het hulle vyande hulle onderdruk en hulle moes buig onder hul hand.
43 Baie keer moes Hy hulle red, maar húlle het Hom bitter gemaak deur hulle planne en hulle is verneder deur hulle boosheid.
44 Nogtans het Hy hulle benoudheid raakgesien en hulle gebed gehoor
45 en Hy het Sy verbond onthou en hulle jammer gekry en hulle gelei volgens die oorvloed van Sy goedheid.2 Kon 25:27-30