41 en Hy het hulle in die hand van die ander nasies gegee en dié wat hulle gehaat het, het oor hulle geheers.
42 Ook het hulle vyande hulle onderdruk en hulle moes buig onder hul hand.
43 Baie keer moes Hy hulle red, maar húlle het Hom bitter gemaak deur hulle planne en hulle is verneder deur hulle boosheid.
44 Nogtans het Hy hulle benoudheid raakgesien en hulle gebed gehoor
45 en Hy het Sy verbond onthou en hulle jammer gekry en hulle gelei volgens die oorvloed van Sy goedheid.2 Kon 25:27-30
46 Hy het hulle ook laat jammer kry deur almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.
47 Verlos ons, יהוה, ons God en versamel ons vanuit die nasies sodat ons U afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) kan loof en prys met uitgestrekte hande en U lofprysing hardop kan uitroep!Luk 1:68 vanaf ewigheid tot ewigheid en laat al die mense sê: “Dit is waar. Loof en eer Yah alleen!”