1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה het met my Meester gepraat: “Sit aan My regterhand totdat Ek U vyande U voetstoel maak.”
2 יהוה sal die Septer van Sy krag vanuit Tziyon stuur en Hy sal heers oor U vyande.
3 U volk sal spontaan gewillig wees op die dag van U mag; vanaf die baarmoeder het Ek U voortgebring in die skoonheid van U afgesonderdheid, as ’n Kind vanaf alle eeue.Z’kh 6:13; Heb 5:6; Heb 6:20; Heb 7:17,21,28
4 יהוה het gesweer en sal nie lieg nie: “U is ’n nie-Levitiese Priester vir ewig volgens die voorbeeld van Malki-Tzedek.”
5 יהוה aan jou regterhand sal die konings oorwin op die dag van Sy woede.
6 Hy sal oordeel tussen die nasies, Hy sal die verslaandes tel, Hy sal die koppe van menigtes op die aarde afkap.
7 Hy sal drink uit die stroom op die pad; daarom sal Hy Sy kop hoog hou.