3 Die see het dit gesien en gevlug; die Yarden is teruggedryf.
4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers van die trop.
5 Wat pla jou, o see, dat jy vlug; o Yarden, dat jy teruggedryf word,
6 julle berge, dat julle rondspring soos ramme en julle, heuwels, soos lammers van die trop?
7 Bewe, aarde, in die Teenwoordigheid van יהוה, in die Teenwoordigheid van die God van Ya’akov,
8 wat die rots verander het in ’n poel van water, die harde klip in ’n waterfontein!