1 Steek uit die hande tot יהוה, want Hy is goed en Sy goedheid duur vir ewig!
2 Laat Yisra’el nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!
3 Laat die huis van Aharon nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!
4 Laat hulle wat יהוה respekvol vrees nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!
5 Vanuit my benoudheid het ek uitgeroep tot יהוה; יהוה het my geantwoord en my bevry.Heb 13:6
6 יהוה is my Hulp, ek sal nie vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen?
7 יהוה is my Helper; daarom sal ek my begeertes sien oor hulle wat my haat.