104 Deur U instruksies kry ek verstand; daarom haat ek die lewenswyse van die bose.
105 U boodskap is ’n lamp vir my voet en ’n lig op my pad.
106 Ek het gesweer en ek sal dit doen, om U regverdige oordele te hou.
107 Ek is baie verdruk; wek my op, o יהוה, volgens U boodskap!
108 Wees bly oor die woorde van my mond, o יהוה en leer my U uitsprake.Spr 4:13
109 My lewe is voortdurend in U hande; ek vergeet nie U wet nie.
110 Sondaars het ’n strik vir my gespan; tog het ek nie afgewyk van U opdragte nie.