12 Geseënd is U, o יהוה! Leer my U instellings!
13 Met my lippe het ek al U regverdige oordele oorvertel.
14 Ek was verheug in die lewenswyse van U getuienisse; meer as in alle rykdom.
15 Ek het U instruksies oordink en is bekend met U lewenswyses.Deut 17:18-20
16 Ek het U wet oordink sodat ek nie U boodskappe sal vergeet nie.
17 Antwoord U dienskneg sodat ek kan lewe en U boodskappe gehoorsaam.
18 Maak U my oë oop sodat ek wonderlike dinge vanuit U wet kan raaksien.