170 Laat my smeking voor U Teenwoordigheid kom; bevry my volgens U boodskap.
171 My lippe sal U lofprysinge uiter, wanneer U my U instellings geleer het.
172 My tong sal praat van U boodskap, want al U opdragte is onpartydig opreg.
173 Laat U hand my help, want ek het my verheug in U instruksies.
174 Ek het verlang na U verlossing, o יהוה en ek oordink U wet.
175 Laat my lewe en ek sal U helder en duidelik loof en laat U oordele my help.
176 Ek het verdwaal soos ’n verlore skaap; soek na U dienskneg, want ek vergeet nie U opdragte nie.