1 ’n Lied vir die opgaan na die feeste. Ek lig my oë op na U wat in die hemel woon.
2 Let op, soos die oë van die diensknegte na hulle meesters gerig is en soos die oë van die diensmaagd na haar meesteres gerig is, so is ook ons oë op יהוה, ons God, gerig totdat Hy onverdiende guns aan ons bewys.
3 U onverdiende guns; o יהוה, bewys aan ons U onverdiende guns, want ons het baie veragting aangehoor.
4 Ons lewe het genoeg gehad van die spot van die selftevredenes en genoeg van die veragting van die trotsaards!