1 ’n Lied vir die opgaan na die feeste. Toe יהוה die mense van Tziyon teruggebring het uit gevangeskap, was ons soos hulle wat hul verheug.
2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met harde sang; toe het hulle onder die ander nasies gesê: “יהוה het groot dinge vir hulle gedoen.”
3 יהוה het groot dinge vir ons gedoen; daarom is ons verheug!
4 O יהוה, verander weer ons gevangeskap, soos die strome in die Suidland.