1 ’n Lied vir die opgaan na die feeste. O יהוה, onthou vir Dawid en al sy benoudhede;
2 hoe hy aan יהוה gesweer het en ’n gelofte gedoen het aan die Magtige God van Ya’akov:
3 “Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my huis of op my bed klim nie;
4 ook sal ek nie slaap vir my oë of sluimering vir my ooglede gee nie
5 totdat ek ’n plek gevind het vir יהוה, ’n huis vir die Magtige God van Ya’akov!”