3 want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons ’n lied gevra en ons veroweraars het vir ons gesê: “Sing vir ons een van die liedere van Tziyon.”
4 Hoe kan ons die lied van יהוה in ’n vreemde land sing?
5 As ek jou vergeet, o Yerushalayim, laat my regterhand my vergeet!
6 As ek jou nie onthou nie, laat my tong aan my verhemelte vaskleef, as ek Yerushalayim nie verkies bo my grootste blydskap nie.Yeg 35:1-15
7 יהוה, onthou die seuns van Edom op die dag van Yerushalayim, hulle wat gesê het: “Vernietig dit, vernietig dit, selfs tot op die fondasies daarvan!”
8 O dogter van Bavel, wat buit neem, geseënd sal hy wees wat jou sal vergeld soos wat jy ons behandel het!
9 Geseënd sal hy wees wat jou kinders gryp en vernietig teen die rots!