3 Stel ’n wag voor my mond, o יהוה, bewaar die deur van my lippe
4 sodat my verstand, wil en emosie nie neig na bose dinge en booshede doen saam met manne wat boosheid bewerk nie; laat my nie sout saam met hulle eet nie.
5 Laat die regverdige my leer en my tugtig; laat die olie van die bose nie my kop salf nie, aangesien my gebed teen hulle booshede was.
6 Wanneer hulle regters deur ’n sterk hand gestop word, sal hulle na my woorde luister, want hulle is soet.
7 Soos die ploegskaar die grond verstrooi, laat hulle beendere gestrooi word by die mond van die graf.
8 Ek het my oë na U toe opgelig, יהוה, Meester; ek het in U vertrou, moenie my lewe verwerp nie!
9 Bewaar my van die hand van die trotse, want hulle het strikke vir my gespan.