1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Luister en hoor my gebed, o יהוה; draai U oor na my smekinge; antwoord my in U eie woorde en in U onpartydige opregtheidRom 3:20
2 en laat U dienskneg nie voor die oordeel gebring word nie, want niemand wat leef, is voor U aangesig regverdig nie,
3 want die vyand het my lewe vervolg; hy het my lewe teen die grond neergegooi; hy het my in duisternis laat lewe soos hulle wat lankal dood is;
4 daarom is my gees oorweldig in my, my verstand, wil en emosie binne-in my is omgekrap.
5 Ek onthou uit die ou dae; ek oordink al U dade; ek dink ná oor die werke van U hande.