2 en laat U dienskneg nie voor die oordeel gebring word nie, want niemand wat leef, is voor U aangesig regverdig nie,
3 want die vyand het my lewe vervolg; hy het my lewe teen die grond neergegooi; hy het my in duisternis laat lewe soos hulle wat lankal dood is;
4 daarom is my gees oorweldig in my, my verstand, wil en emosie binne-in my is omgekrap.
5 Ek onthou uit die ou dae; ek oordink al U dade; ek dink ná oor die werke van U hande.
6 Ek steek my hande uit na U; my lewe dors na U soos ’n dorstige land.
7 Antwoord my gou, o יהוה: my gees faal! Steek nie U gesig vir my weg nie sodat ek nie sal wees soos hulle wat afgaan na die put nie.
8 Laat my van U liefdevolle goedheid hoor in die oggend, want in U vertrou ek; laat my weet watter pad om op te loop, want ek lig my lewe op na U.