5 Ek onthou uit die ou dae; ek oordink al U dade; ek dink ná oor die werke van U hande.
6 Ek steek my hande uit na U; my lewe dors na U soos ’n dorstige land.
7 Antwoord my gou, o יהוה: my gees faal! Steek nie U gesig vir my weg nie sodat ek nie sal wees soos hulle wat afgaan na die put nie.
8 Laat my van U liefdevolle goedheid hoor in die oggend, want in U vertrou ek; laat my weet watter pad om op te loop, want ek lig my lewe op na U.
9 Bevry my van my vyande, o יהוה en leer my om U wil te doen,
10 want U is my God, U sagte Gees sal my lei op die pad van die lewe.
11 Vertroos my, o יהוה, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil; lei my lewe uit die moeilikheid ter wille van U onpartydige opregtheid