1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Geseënd is יהוה, my Sterkte, wat my hande leer om oorlog te maak en my vingers om te veg;
2 my Skuiling en my Bevryder; my Skild en my Helper, waarop ek vertrou, wat nasies aan my onderwerp.Ps 8:5
3 O יהוה, wat is die mens dat U kennis neem van hom, of die seun van die mens dat U aan hom dink?
4 Die mens is soos wasem; sy dae soos ’n skaduwee wat verbygaan.