7 Strek U hand uit van bo af; red my uit diep waters, uit die hand van die bose,
8 wie se mond sinnelose boosheid praat en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is.
9 Ek wil ’n nuwe lied tot U sing, o God, op ’n lier en ’n tiensnarige instrument wil ek sing en musiek maak tot U.
10 Dit is Hy wat aan konings die oorwinning gee, wat Sy dienskneg Dawid bevry van die bose swaard.
11 Bevry my uit die hand van die bose, wie se mond sinnelose booshede praat en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is
12 sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgroei in hulle jeug en ons dogters mag wees soos bruide wat ryklik versier is soos tempels,
13 ons skure vol mag wees tot oorlopens toe, ons kleinvee oorvloedig mag vermeerder in ons velde