11 יהוה het plesier in hom wat Hom respekvol vrees, in hom met ’n versekerde verwagting op Sy goedheid.
12 Loof יהוה hardop, o Yerushalayim! Loof jou God helder en duidelik, o Tziyon,
13 want Hy het die balke van jou poorte versterk; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
14 Hy gee vrede binne jou grense en vul jou met die beste van die koring.
15 Hy stuur Sy opdrag oor die aarde, Sy boodskap hardloop baie vinnig.
16 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi die ryp soos as.
17 Hy gooi Sy ys uit soos stukkies, wie kan voor Sy koue staan?