5 Laat hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik loof, want Hy het gepraat en hulle is geskep.
6 Hy het hulle ook vir ewig en ewig vasgestel; Hy het ’n vasgestelde wet gegee wat nie sal verbygaan nie.
7 Loof יהוה helder en duidelik vanaf die aarde, julle groot monsters en al die dieptes!
8 Vuur en hael, sneeu en ys, stormwind wat Sy boodskap uitvoer,
9 berge en alle heuwels, vrugdraende bome en alle seders,
10 wilde diere en alle vee, kruipende diere en vlieënde voëls,
11 konings van die aarde en alle volke, prinse en alle regters op die aarde,