1 Loof Yah helder en duidelik! Sing tot יהוה ’n nuwe lied, Sy lofprysing in die vergadering van die afgesonderdes!
2 Laat Yisra’el hom verheug in Hom wat hulle gemaak het; laat die seuns van Tziyon in die rondte swaai van blydskap oor hulle Koning!
3 Laat hulle Sy Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof in dans, tot Hom sing en musiek maak met tamboeryn en harp,
4 want יהוה is tevrede met Sy volk; Hy versier die behoeftiges met verlossing.
5 Laat die afgesonderdes spring van vreugde in lof en eer; laat hulle hardop sing op hul beddens.
6 Lofprysinge van God is in hulle kele en ’n tweesnykant swaard in hulle hand