1 ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, wie mag bly in U tent? Wie mag woon op U afgesonderde berg?
2 Hy wat met integriteit loop, onpartydige opregtheid doen en wat die waarheid praat in sy verstand, wil en emosie.
3 Hy skinder nie met sy tong nie en doen geen boosheid teenoor sy naaste of aanvaar geen omkoopgeskenk van sy vriend nie;
4 in wie se oë die sedelose veragtelik is, maar hulle eer wat יהוה vrees. Hy sweer tot sy eie skade, maar verander dit nie.Eks 22:25