5 U het my treë vasgehou in U spore sodat my voete nie gegly het nie.
6 Ek het na U geroep, want U sal my antwoord, o God! Draai U oor na my, hoor en luister na my woord!
7 Maak U Afgesonderde Een ’n Wonder en Verlosser vir dié wat vertrou en laat Hom oorwin oor hulle wat teen U regterhand opstaan!
8 Bewaar my soos ’n oogappel; beskerm my onder die skaduwee van U vlerke
9 teen die wetsoortreder wat my plunder, die vyande van my lewe wat my omring.
10 Hulle het hul gevoellose verstand, wil en emosie toegesluit; met hul mond praat hulle hoogmoedig.
11 Hulle het my geloof en nou omsingel hulle my; hulle het besluit om my in die grond te begrawe.