22 want al Sy oordele was voor my en Sy wette het ek nie van my verwyder nie.
23 Ek was ook skuldloos by Hom en het myself versigtig weerhou van my wetsoortreding;
24 daarom het יהוה my vergeld volgens my onpartydige opregtheid, volgens die reinheid van my hande voor Sy oë.
25 Met die goedhartige wys U Uself goedhartig; met die opregte man wys U Uself opreg;
26 met die reine wys U Uself rein, maar van die valse draai U weg,
27 want U verlos die geteisterde volk, maar verneder die trotses,
28 want U steek my lamp aan; יהוה, my God, verlig my duisternis,