2 Mag יהוה jou antwoord in die dag van benoudheid! Mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van die God van Ya’akov jou verdedig!
3 Mag Hy vir jou hulp stuur vanuit die Afgesonderde Plek en jou versterk vanuit Tziyon!
4 Mag Hy jou graanoffers onthou en jou brandoffer aanvaarbaar maak!
5 Mag Hy jou gee volgens jou diepste begeertes en al jou beplanning vervul!
6 Ons sal sing van vreugde oor jou verlossing en ons baniere oplig in die Naam (Karakter en Outoriteit) van ons God. Mag יהוה al jou versoeke vervul!
7 Nou weet ek dat יהוה Sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord vanuit Sy afgesonderde hemel met die verlossingskrag van Sy regterhand.Mik 5:9; Ps 33:17
8 Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns sal seëvier deur die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה ons God.Y’ho 11:6 10 O יהוה, red ons en mag ons Koning ons antwoord op die dag as ons roep!