2 My Magtige God, my Magtige God, waarom het U my verlaat, my verlossing is ver van my as gevolg van die woorde van my dwaasheid.
3 My God, ek roep bedags, maar U antwoord my nie en snags, maar U bly nie by my nie.Lev 19:2
4 Tog is U die Afgesonderde en Yisra’el bly onder U Gemanifesteerde Teenwoordigheid!
5 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou en U het hulle bevry.
6 Hulle het na U toe uitgeroep en is bevry; in U het hulle vertrou en is nie teleurgestel nie,
7 maar ek is ’n wurm en nie ’n man nie, ’n bespotting van die mense en verag deur die volk.Mat 27:39,43; Mar 15:29-31; Luk 23:35
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle skiet uit met hulle lippe en skud hulle koppe en sê: