23 sodat ek U Naam (Karakter en Outoriteit) aan my broers kan verkondig. In die middel van die vergadering sal ek U helder en duidelik prys.
24 Julle wat יהוה respekvol vrees, prys Hom helder en duidelik! Al julle nakomelinge van Ya’akov, eer Hom; vrees Hom respekvol, al die nakomelinge van Yisra’el,
25 want Hy het nie die teistering van die geteisterde verag of verfoei en Sy gesig nie vir hom verberg nie, maar Hy het gehoor en geluister toe dié na Hom geroep het.
26 Vanaf U kom my lofprysing in die groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in die teenwoordigheid van dié wat Hom respekvol vrees.
27 Die geteisterdes sal eet en versadig word; húlle wat Hom soek sal יהוה helder en duidelik loof. Mag julle verstand, wil en emosie vir ewig lewe!
28 Al die eindes van die aarde sal onthou en na יהוה toe draai en al die families van die nasies sal voor U Teenwoordigheid neerbuig,
29 want die Koninkryk behoort aan יהוה en Hy heers oor die nasies.