6 Hulle het na U toe uitgeroep en is bevry; in U het hulle vertrou en is nie teleurgestel nie,
7 maar ek is ’n wurm en nie ’n man nie, ’n bespotting van die mense en verag deur die volk.Mat 27:39,43; Mar 15:29-31; Luk 23:35
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle skiet uit met hulle lippe en skud hulle koppe en sê:
9 “Hy het in יהוה vertrou, laat Hy hom bevry; laat Hy hom verlos, want Hy is tevrede met hom!”
10 Want U is my Vertroue sedert ek uit die baarmoeder gekom het en my Versekerde Verwagting sedert ek aan my moeder se bors was.
11 Ek is onder U sorg geplaas van die baarmoeder af; van die skoot van my moeder af is U my God.
12 Wees nie ver van my af nie, want moeilikheid is naby, want daar is niemand om te help nie.