4 Wys my U manier van doen, o יהוה; leer my U paaie.
5 Lei my in U waarheid en leer my, want U is my God en My Verlosser. Op U wag ek die hele dag.
6 יהוה, onthou U sagte omgee en U liefdevolle goedheid, want dié is van ewigheid af.
7 Onthou nie die sondes of rebellie van my jeug nie, maar onthou my volgens U onverdiende goedheid, ter wille van U goedheid, o יהוה!
8 יהוה is goed en opreg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die manier van lewe.
9 Hy sal die swakkes lei in die regverdige oordeel en die behoeftiges leer in Sy lewenswyse.
10 Al die paaie van יהוה is liefdevolle goedheid en waarheid vir dié wat Sy verbond en Sy getuienisse hou.