1 Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 In U, o יהוה, plaas ek my vertroue; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur U onpartydige opregtheid.
2 Draai U oor na my toe en antwoord my gou; wees U vir my die Magtige God, die Helper, die Huis van skuiling en red my,
3 want U is my Rots en my Vesting; daarom, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, vertroos my en lei my.
4 Trek my uit die net wat hulle in die geheim vir my gespan het, want U is my Beskermer.
5 In U hand gee ek my gees oor; U het my verlos, יהוה, God van waarheid.
6 Ek haat hulle wat valse aanbidding onderhou, maar ék vertrou in U, o יהוה.
7 Ek wil in die rondte swaai van vreugde en blydskap in U goedheid en guns omdat U my pyniging gesien, my lewe in sy teisteringe geken en my nie oorgelewer het