7 Ek wil in die rondte swaai van vreugde en blydskap in U goedheid en guns omdat U my pyniging gesien, my lewe in sy teisteringe geken en my nie oorgelewer het
8 in die hand van my vyande nie. U het my voete in rustigheid gevestig.
9 Wys onverdiende guns aan my, o יהוה, want ek is benoud; my oog word swak deur woede, ja, my lewe en my liggaam,
10 want my lewe kwyn weg van verdriet en my jare van gesug; my krag faal as gevolg van my onregverdigheid en my gebeente teer weg.
11 As gevolg van my teëstanders het ek ’n voorwerp van skande geword vir my bure en ’n voorwerp van skrik vir die wat my ken. Die wat my op straat sien, vlug weg van my af.
12 Ek is vergete, uit die gedagtes soos ’n dooie man; ek is soos ’n gebreekte houer,
13 want ek het die skindertaal van baie mense gehoor terwyl hulle saam raad hou teen my en beplan om my lewe te neem.