18 Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande in die groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U helder en duidelik loof.Yog 15:25 hulle knip die oë kwaadwillig,Spr 6:13
19 Laat my vyande hulle nie oor my verheug nie; ook nie dié wat my sonder rede haat nie;
20 want hulle praat nie van vrede nie, maar hulle bedink misleidende woorde teen dié wat stil is in die land.
21 Hulle maak hul mond groot oop teen my. Hulle het gesê: “Aha, aha, ons oog het dit gesien!”
22 U het dit gesien, oיהוה, moenie stilbly nie. יהוה, wees nie ver van my af nie!
23 Ontwaak en staan op vir my regverdige oordeel; sien my lyding, my God en my Meester, יהוה.
24 Oordeel oor my volgens U regverdigheid, יהוה, my God en laat hulle hul nie oor my verheug nie!