1 Vir die musiekleier; van Dawid, die kneg van יהוה. 2 Die wetsoortreder gee geboorte aan boosheid in sy verstand, wil en emosie. Daar is geen respekvolle vrees van God voor sy oë nie.
2 Hy is onwillig om sy sonde vergewe te sien of om hulle te haat.
3 Die woorde van sy mond is onregverdigheid en bedrog; hy is onwillig om goed te doen.
4 Hy beplan oortreding van die wet op sy bed; hy loop op ’n pad wat nie goed is nie en verag nie die boosheid nie.
5 O יהוה, U goedheid strek tot in die hemele, U getrouheid tot in die ruimte.
6 U onpartydige opregtheid is soos die berge van God; U oordele is soos ’n groot diepte. יהוה, U bewaar mens en dier!