20 maar die wetsoortreder sal omkom en die vyande van יהוה soos die prag van die weivelde wat verdwyn; hulle verdwyn soos rook.
21 Die wetsoortreder leen en gee nie terug nie, maar die regverdige wys guns en gee,
22 want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde erf, maar die wat deur Hom vervloek word, sal vernietig word.
23 Die treë van ’n goeie man word deur יהוה bevestig en Hy is verheug oor sy lewe.
24 Alhoewel hy val, sal hy nie seerkry nie, want יהוה hou hom op met Sy hand.
25 Ek was jonk en nou het ek oud geword, maar ek het nooit die regverdige verlate gesien, of sy nageslag gesien bedel vir brood nie.
26 Die hele dag lank gee hy om en leen uit en sy nageslag is ’n seën.